03
Sep
09

Ons suffer!

3 April 2008

Ek besef daar is ernstige dinge in die wêreld aan die gebeur op hierdie presiese oomblik in tyd.  Soos of Zim ‘n ‘peacefull transfer of power’ gaan hê.  Waar ek egter hier op my mishopie sit, het ek net een pressing problem.  Kos. Of die gebrek daaraan.

Nee, ons ly nie honger nie.  As vleis en stysel kos is, sal ons nooit, ooit honger ly nie.  Dis net dat ons sedert Sondag geen, geen groente of vrugte meer sien nie. En ek begin dit aan my lyf voel.  Dalk is dit alles in my kop, maar ek smag na iets anders as vleis en stysel.

Sedert Sondag is ons kantien oorgeneem deur ons gunsteling restaurant, Marisqueira.  Ek (en die ander darem ook) het visioene gehad van geurige sop en keurige kos.  Helaas! Dit het nog nie gerealiseer nie.  Dit is so erg dat ek die ou kantienkos begin mis.

Onder die ‘ou bedeling’ was die bord kos nie eetbaar nie, maar daar was darem ‘n slaaitjie by, en ons het elke dag twee lang brode gekry asook ‘n vruggie.  Sondagaand het belowend begin. Ons het ‘n bord sop gekry, gevolg deur chips, rys, steak en ‘n baie lekker sampioensousie.  Maandagaand was driekwart van die bord vol olierige, oranje rys en twee vissies in ‘n batter.  Dinsdagaand, ‘n hoop varktjops saam met opgekookte aartappeltjies.  Woensdagaand, ‘n hoop olierige, wit rys en opgekookte steak.  Die kos lyk op die oog af nie baie aptytwekkend nie, maar is eintlik nie te sleg nie.

My groentetuin het ek heeltemal gedemolish, omdat daar ‘n huis gebou gaan word.  En maggies, is ek spyt daaroor! Middagete gaan ek en van die ander mans die village se mark besoek met die hoop dat ons bietjie veggies gaan kry.  Selfs die klein, oorryp tamatietjies wat mens gewoonlik daar kry, sal nou meer as welkom wees.  Saterdag sal ons weer Shoprite toe piekel om te gaan opstock met blikkies, bevrore en vars.  In ons entoesiasme oor die nuwe bedeling, het ons laas naweek nie eintlik kos gekoop nie! Marisqueira sou mos in al ons behoeftes voldoen! Ha!

So, verskoon my maar.  Ek moet net gou ‘n handvol vitamienpille gaan afsluk.  En kremetartblare sal seker genoeg vesel verskaf?


0 Responses to “Ons suffer!”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: