03
Sep
09

Krummels

9 April 2008

Hy het in Spar by die speserye en pastas by my kom staan. ‘n Jong seun, miskien twintig, blond, blou oë.  Netjies, maar armoedig. En eenvoudig.  Dom.  Sal Tannie my asseblief ‘n guns doen?, het hy gevra.  Ek kon moeilikheid voel aankom.  Sal Tannie asseblief vir my en my ma en my babasussie iets kry om te eet?

My eerste instink was om met ‘n verskoning te probeer wegkom, maar die woord babasussie het my teruggehou.  Wat wil julle eet, wou ek weet.  Enigiets, Tannie. Ek het begin by die maklikste. Wil julle pap of rys hê?  Rys, asseblief, Tannie. Oukei, saam met rys eet mens mince. Twee pakkies mince en drie pakkies wors in sy mandjie. Hoe oud is jou babasussie?  Ses maande, Tannie. Vanoggend het ek vir haar tee gemaak, haar melk is klaar. Purity kos, Cerelacpap en SMA in die mandjie.

Tannie, kan ons asseblief sout en peper ook kry? Ek moes vanoggend die laaste pap maak sonder sout. En seep, asseblief, tannie. My ma begin darem more by Pick & Pay werk. My pa het ons mos net sommer gelos. Wil julle brood hê?  Nee, dankie, Tannie, ‘n ander tannie het netnou vir my brood gekoop.

Hy tuur aandagtig na iets by die baba-afdeling. Weggooidoeke. Ek vang die skimp.  Hoeveel weeg jou sussie, wil ek weet. Sy is 7 kilogram, Tannie. Met doeke, kerriepoeier, uie en aartappels saam in die mandjie gaan staan ons by die till. Die groot, grys syfers maak my depressed, maar dan onthou ek dat my kinders gisteraand Debonairs pizza gehad het, teen ‘n derde van die prys.

Toe ek later my eie shopping klaarmaak, wonder ek of hy my vir ‘n ride gevat het.  Ek dink nie so nie; hoekom sou hy so graag babadoeke wou hê?  Maar wie sal weet?  Is daar rêrig blanke mense wat vandag NIKS kos in hul huis het nie?  Ek weet nie.

Toe ek Pietertjie in die bed gaan sit, het ek oor sy ronde koppie gevryf en gebid.  Dankie, Heer, dat my kinders nie hoef te bedel vir kerrie en rys en melk vir ‘n sussie nie.  En AS hul eendag moet bedel, laat daar asseblief iemand wees wat hom of haar oor hulle sal ontferm.


0 Responses to “Krummels”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: