03
Sep
09

Koebaai, Tom

29 Maart 2008

Vandag is Tom terug Suid Afrika toe. Vir goed.  Sy kontrak het einde Maart klaargemaak. My hart is so seer. Ou Tommie, die Skotse jintelman.  Toe ek vanaand by sy casa verbyloop, het ek sommer ‘n knop in my keel gekry.

Daai lang gryskopoom het so in my hart gekruip.  Vir 27 maande was hy die naaste wat ek aan ‘n vriendin gekom het. Nee, hy is nie ’skeef’ nie. Net so ongelooflik ‘polite’, altyd reg om te luister, altyd gasvry. Hy het nie moeilik besluite geneem nie: ‘n ding is mos òf reg òf verkeerd! As ek hom in een woord moes beskryf, sal dit integriteit wees. Eerlik tot op die laaste sent.

Nou’s hy weg en ek gaan hom so mis. By Tom kon ek gaan kla as ek my kuite vir manlief styf gemaak het. Hy het geluister, maar nie kant gekies nie.  As Pa oor ‘n naweek moes werk, kon ek in veiligheid na Tom toe gaan vir ‘n dop.  Niemand sou dink dat daar iets onbehoorliks aangaan nie.  En daar het nie. Hy het langbeen op sy bank gesit en sokker kyk, en ek sou oorkant hom sit en nonsens gesels terwyl ek weet hy luister met ‘n halwe oor. Sy sokker het altyd eerste gekom! En nou weet ek nie eens watter span hy ondersteun nie…

Ek gaan dit mis as hy vyfuur nà werk hier omkom en sê: “Come up to the bar, I’ll buy you a Savannah.” Dit was die ritueel.  Soms het ek gegaan, soms nie.  Ek gaan sy Saterdagoggend-kuiertjies mis as hy met ‘n natgeswete gesig onder die aircon gaan sit en sê: “Shit, it’s bloody hot!”

Ons gaan kontak behou en e-mails stuur en bel, maar dit gaan nooit weer dieselfde wees nie.

Bye, Tommie.

copy-of-dscf0017.jpg

0 Responses to “Koebaai, Tom”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: