03
Sep
09

Humpata Kerkhof

van Bashing innie Boendoes deur boendoe

7 Mei 2008

Moet my nie verkeerd verstaan nie.  Ek kan lekker ween by ‘n graf, maar ek is nie die tipe wat ‘n graf nodig het om iemand te onthou nie.  Nogtans was ek lekker weemoedig by die Dorslandtrekker-begraafplaas in Humpata, 6km buite Lubango. Waarom, dit kan ek nie juis sê nie.  Miskien omdat eers die derde persoon wie ons om aanwysings gevra het, ons kon help. (Om die waarheid te sê, dit was ‘n sekuriteitswag. Hy het sommer sy pos verlaat, in die bakkie geklim en saam met ons gery.)  Of dalk was dit die feit dat daardie Afrikaners VYFTIG jaar in die Lubango-omgewing gebly het, en dit lyk nie of hulle enige sigbare spore gelos het nie. Niks, behalwe ‘n erg verwaarloosde begraafplaas nie.

Dis nie dat ek nie gesoek het vir moontlike bewyse dat daar ‘n Boeregemeenskap eens op ‘n tyd gebly het nie.  Daar was ‘n laning bloekombome.  Pienk malvas voor ‘n ou, ou huisie.  ‘n Vervalle kraalmuur.  Nie eintlik oortuigende bewyse nie.

Die kerkhoffie is, soos ek genoem het, baie verwaarloos.  ‘n Paar konifers staan rondom en wieg in die briesie. Tussen die grafte (meestal graffies) lê bees- en bokmis. Die gedenknaald is effens eenkant, ‘n tikkie modernisme tussen die verval.  Net een graf het nog ‘n (gebreekte) grafsteen. ‘n Casper Jan Hendrik Vorster lê daar begrawe.

Ek het my kiekies geneem, en ‘n klippie wat daar rondgelê het, opgetel.  Hy lê nou in my rotstuin, gemerk Humpata, 2008.


0 Responses to “Humpata Kerkhof”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: