03
Sep
09

Ek ontmoet die Nuwe! Verbeterde! Suid-Afrika

9 April 2008

Hoe het dinge nie verander nie!

Gister het ek sommer met die intrapslag kennis gemaak met loadshedding.  Ek moes tot 10h00 wag vir my eerste koppie koffie!  Later is ons dorp toe. En ja, weer loadshedding.  Vanoggend moes ek Bruce 8h00 aflaai vir rugby-oefening, en ek besluit om sommer al my dinge in die dorp te gaan doen.  Net om uit te vind:  van 9h30 is die krag weer af, en baie besighede het  besluit om eers 12h00 oop te maak.

Vir die meeste mense is dit nou al ou nuus, maar vir my is dit ‘n eerste.  Ek weet nie hoe besighede oorleef nie?  Vir die gebruiker is dit net so moeilik, want sommige besighede bly oop ondanks die kragonderbreking, terwyl ander toe is. So het ek opgemerk dat ons Vodashop oop is, en toe ek ry om Jeannie se stukkende foontjie na die VodaCare winkel te vat, moes ek daar uitvind dat hulle toe is. Petrol onnodig uitgery.

Van petrol gepraat. Toe ek laas my karretjie se tenk volgemaak het, het dit my amper R150 minder gekos as nou!  Vir die eerste keer in my lewe beplan ek nou my ryery.  Nie meer sommer in die kar spring vir dit en dat nie.  Nee, as ek ‘n spesifieke rigting inslaan, maak ek my lysie van wat ek alles daar moet doen.

Vanaand is ons krag af van 17h30 tot 20h00.  Nogal oulik dat mens ‘n lysie kry met die tye wanneer loadshedding gaan plaasvind! Ek beplan nou al wat ons gaan maak vir ete sodat my honger kroos darem kos kry voor die krag af is.  En wat doen ons dan?  Geen TV, geen internet…  Ek dink 2½ ure kan l-a-n-k word…

Wat doen julle om te oorleef?  My gevoel is dat mens na basiese goed sal moet terugkeer.  Parafienlampe is nommer een op my lysie vandag.  ‘n Gasbottel en braaier nommer twee.  Bordspeletjies nommer drie.  Wat het ek nog nodig om die lewe draaglik te maak?


0 Responses to “Ek ontmoet die Nuwe! Verbeterde! Suid-Afrika”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: