03
Sep
09

Ek het Rosina gekry!

31 Maart 2008

Toe my oudste seun omtrent ‘n jaar oud was, het ons ‘n inslaap-bediende gekry om hom op te pas.  Twee jaar later is my dogter gebore, en Rosina het haar ook grootgemaak.  Vir 11 jaar het sy by ons gewerk.   Na ons egskeiding het sy saam met my eks Johannesburg toe getrek en ek het nooit weer van haar gehoor nie. Dit was 2002.

Rosina was my rots in my ‘jong ma-dae’.    Kinders grootmaak was suiwer vreugde, want eintlik het sy hulle grootgemaak. As ek gewerk het, het sy in die aande gekook.  Soggens het sy die kinders reggemaak vir skool, pap gegee en toebroodjies gepak.  Die huis was altyd spotless. Sy het die tuindienste gehiet en gebied.  Ons belange was haar belange, en omgekeerd ook.   Sy was vreeslik saggeaard, regtig ‘n opgevoede mens. Het selfs vir die kinders stories gelees!

Oor die jare het ek af en toe aan Rosina gedink, maar die afgelope 6 maande het ek regtig probeer om haar weer op te spoor.  Nie om weer vir my te kom werk nie.  Net om te hoor hoe dit met haar gaan.  Elke keer het ek in ‘n doodloopstraat beland, en ek het my berus dat ek haar seker nie weer gaan sien nie.

Oor die naweek sms my dogter my.  Sy het Rosina se telefoonnommer gekry. Lang storie hoe sy dit reggekry het, maar dit maak nie saak nie.  Saterdagmiddag het ek op die muurtjie langs die rotstuin gaan sit en Rosina se nommer gebel.  Die skaam, sagte stemmetjie wat ek so goed onthou, het geantwoord.

Dit was asof ons mekaar gister nog gesien het.  Geen vreemdheid vir mekaar nie.  Oor en weer het ons nuus uitgeruil. Nie soos madam en ousie nie.  Soos ou vriendinne.   Die Vader weet, ek het daardie vrou lief.  Vir 11 jaar was sy meer van ‘n ma vir my kinders as ek.  Hoe kan ek nie vir haar lief wees nie? Ek skaam my vir myself dat ek haar gebruik/misbruik het, en toe haar doel uitgedien was, gerieflikheidshalwe van haar vergeet het.

Rosina Mutileni werk nou in Johannesburg en pas haar bejaarde ma op.   Eendag gaan ek na haar kyk. En dis ‘n belofte wat ek gaan nakom.


0 Responses to “Ek het Rosina gekry!”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: