03
Sep
09

Die swart gevaar

1 April 2008

Ek het al hieroor geblog, maar ek dink nie enigiemand besef die erns van die saak nie.

Kakkerlakke. Grotes.

Ek het hulle altyd geassosieer met Natal, en veral my ma se huis.  Toe ons in Februarie by (ons) huis was, het ek met groot paniek ‘n paar in my huis sien rondhol.  Ek kan nie operate in ‘n huis met kakkerlakke nie.  Die kleintjies is hanteerbaar, en in elk geval, mens behoort nie klein kakkerlakkies in jou huis te hê nie.  Dis ‘n teken van plein vuilgeit! Die grotes is ‘n ander saak.  Die mense sê hulle kom van buite af in. Ek weet nie of dit die waarheid is nie.  Hulle lyk gewoonlik baie tuis.  Glad nie verward soos ‘n gogga behoort te lyk wat skielik van buite af ingekom het nie. Ek was skoon verlig om terug Angola toe te gaan.

Ewe skielik is hier ook ‘n paar groot, swart kuiergaste wat lyk of hulle my uit my huis wil werk.  Wat my die meeste beangs maak, is dat die goed duidelik ‘n goed funksionerende brein het.  Hulle kom net te voorskyn as Pa gaan slaap en ek alleen voor die rekenaar of tv sit.  My toestand is nou al so benard, dat ek permanent ‘n blikkie Doom langs my hou en my voete op ‘n bankie.  Ek moet my seëninge tel.  Daai goed het vlerke, en as hulle nog hier rondgevlieg het, kon Pa my teen hierdie tyd al in ‘n gestig laat sit het.  Gelukkig hardloop hulle nou net.

Vanoggend het ek twee lyke buite my huis gekry.  Ek weet nie waaraan hulle gesterf het nie, want is kakkerlakke nie veronderstel om ‘n kernoorlog te kan oorleef nie?  Kakkerlakke en skerpioene.  Nietemin, ek is bly hulle was reeds oorlede, want dit sou meer as ‘n blikkie Doom gevat het om hulle uit te sit.  Nou noem my maar neuroties/eenvoudig/simpleton, maar ek het hulle gaan meet met ‘n liniaal.  Ek het in my lewe nog nie sulke groot kakkerlakke gesien nie.  En ek was reg: 6 cm lank, en amper 2.5 cm oor die skouers (vlerke?).

EK HOU NIE VAN ROACHES NIE…..


0 Responses to “Die swart gevaar”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: