03
Sep
09

Die laaste groet?

26 Maart 2008

Ons verjaardaggeskenk aan my ma, alhoewel ‘n maand vroeg, was om my ou tant Wollie van Port Elizabeth tot by my ma te kry, en dan die tweetjies se kuier by familie te sponsor. Ek het gister ‘n briefie van my ma gekry. Hulle geniet dit vreeslik! En hulle kan ontspan en gerus kuier, want swaertjie is die twee se eie, persoonlike drywer!

Oor die naweek was hulle in Pretoria, waar hulle by verskeie vriende en familie gaan kuier het.  Vandag is hulle Ellisras toe om by hulle ewe ou skoonsusters te gaan kuier. Vandaar gaan hulle nog op Lichtenburg, Bloemfontein, Boshof en Harrismith ‘n aand of twee inkry.

Ek is bly vir hulle, maar baie weemoedig ook.  Ek weet nie of hul dit besef nie, maar dis redelik seker dat hulle nie weer saam so reis sal onderneem nie. (My ma is 80, my tannie 87) Voorheen het hulle dit gereeld gedoen. Nou, weens gesondheid, die petrolprys, finansies, ens., is die kanse baie skraal dat hul dit ooit weer sal doen. So, eintlik is dit nou die finale groet aan vriende en familie.

Dalk is dit hoekom hulle so opgewonde soos twee skooldogters is.  Ek weet hulle het die laaste paar maande baie daaroor gepraat, maar  finansies was maar ‘n probleem. Nou het die geleentheid homself voorgedoen, en hulle het dit met albei hande aangegryp.

Maar hoe gaan mens kuier om eintlik ‘totsiens’ te sê?  Ek wens ek kon saamgaan, want hierdie moet ‘n  hartsreis wees.  Om oor dekades se lief en leed te lag en te huil. Om ‘n klomp gryskoppe oor ‘n hoop swart en wit kiekies te sien.  Om vir oulaas weer by lank  oorlede mans, ouers, broers en susters,  se grafte te staan.  Die ou familieplaas- en huis weer te sien.

Ek glo dit gaan ‘n emosionele ondervinding wees, maar ek is bly hulle het tog die kans gekry om te gaan kuier èn groet.  Min mense is dit beskore.

hpim0243.jpg hpim0242.jpg


0 Responses to “Die laaste groet?”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: