03
Sep
09

Ciao for now

15 April 2008

My lewenspaadjie maak nou ‘n vurk.  Ek weet watter kant toe ek wil gaan, maar…ek is bang. Bang dit werk nie uit nie, bang dat ek dit gaan berou.  Ek weet voor ek dit nie probeer het nie, sal ek nie weet nie.  Ek weet egter ook die ander opsie gaan my nie gelukkig maak nie.  Nou hinkepinke ek.

Ongelukkig, wanneer ek met so iets stoei, neem dit my hele wese in beslag.  Dis moeilik om die mooi of snaaks in dinge te sien.  Ek deel ook nie graag die demoontjies wat my genadeloos rondjaag nie.  Ek groet dus nou vir eers, totdat ek uitgefigure het op watter paadjie ek moet klim.  Tot later, alligators!


0 Responses to “Ciao for now”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: