03
Sep
09

By die huis!

Vir ‘n slag kon ek my snater hou en sorg vir ‘n verrassing!

Gister het ek Johannesburg toe gevlieg, en vanoggend 6h00 die vlug huistoe gekry.  Half-agt het ek by my huis ingestap en my twee kinders die skok van hul lewe gegee!

Die twee was vas onder die indruk dat ek eers in Mei weer kom kuier.  Bruce was nog vas aan die slaap toe Pieter by hom instap.  Later sê hy dat hy eers gedink het hy droom.  Maar toe hy vir Pieter sê “Kom gee my ‘n drukkie”, en die droom gee hom ‘n drukkie, toe weet hy ek is by die huis!

Dit was nou lekker, en die moeite werd gewees.  My tande het al lankal gebewe om die twee te vertel dat ek kom kuier, maar manlief het my verbied! Dit moes ‘n verrassing wees.

Ongelukkig is daar nou nie tyd om leeg te lê vandag nie.  Ek moet vandag nog ons paspoorte wegstuur vir visums.  Dit behels nou weer ‘n besoek aan o.a. die polisie vir al die nodige ’stamps’, maar as dit eers gedoen is, kan ek bietjie ontspan.

Ek loer later by almal in.  Mens besef nie hoe verslawend blogging is, tot jy dit vir 24 uur nie kan doen nie!


0 Responses to “By die huis!”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: