31
Aug
09

Hoe kies ‘n mens?

19 Feb 2008 08:40

Weens ‘n baie skielike besluit van ‘n ander persoon, lyk dit of ek nou weer permanent in Suid Afrika moet bly om na my kinders om te sien.  Dit maak my sielsongelukkig.

Ek is baie lief vir my kinders.  Ek gee hulle finansieël wat hul nodig het, sonder om hulle te bederf.  Ek bel gereeld. Ek sms amper elke dag.  Ons chat op die internet.  Ek hou daarvan om by hulle te wees.

Maar.

Ek is baie lief vir my man ook.  Ons het vir twee jaar só ge-operate: hy in die vreemde en ek en die kinders in SA.  Dit was nag.  Om mekaar vir 30 dae ‘n jaar te sien, is nie vir my ‘n huwelik nie.

My seun het nou die dag gesê hy sal my graag meer wil sien gedurende die jaar, maar dat ek nie noodwendig weer hierheen (SA) hoef te trek nie. Dít kan en wil ek doen.  My jongste van vier, behoort na regte seker in ‘n speelgroep.  My ma is 80 jaar, en dit sal ook goed wees vir haar as ek hier bly.

Maar.

Hoe lewe ek as die mens wat my láát lewe, nie elke dag by my is nie?

Hoe kies mens tussen jou kinders en jou man? Tussen ‘goeie ma-wees’ en ‘goeie vrou-wees’? Of is daar nie ‘n keuse nie?



%d bloggers like this: