31
Aug
09

Dis crappy nuus all round

2 Mar 2008 14:33

Ek lees vanoggend Die Rapport online. Voorspelbaar genoeg is die hoofnuus DIE KOVSIES en die JURIE ELS/ROBBIE KLAY SAGE.  Ag nee, vader.

Die vier Kovsies:  my eerste gevoel oor die viertjies se wandaad was walging.  Ek meen, dis veronderstel om vier opgevoede jong mans te wees met ‘n voorreg (om te studeer) wat deesdae nie elkeen beskore is nie.  Vir ‘n mens om in ‘n ander mens se kos te pee, is vir my so na aan barbaars as kan kom.  Vergeet wit en swart.  Praat van mense.

Maar:  op ander blogs lees ek mense raak wat vuurspoeg oor daar nie so groot bohaai gemaak word as witmense se voetsole deur swartmense afgesny word nie.  Ensovoorts, ensovoorts.  Hulle het ‘n punt beet.  Dis ook barbaars en wreed, maar plaasmoorde word net liggies genoem in die media, en dan kraai daar gewoonlik nie weer ‘n haan daarna nie.  Ek sou eerder pee wou inneem saam met my kos, as om my voetsole kwyt te wees.  Ernstig.

Dus, die Kovsies se gedrag is onverskoonbaar (as die video weergawe waar en korrek is), maar die nuusdekking wat dit kry, is belaglik.  Maar hoekom is dit so?  Is dit omdat ons wittes elke misdaad teen ons maar gelate aanvaar as ons lot in Afrika?  Hoekom skree en jil ons ook nie dat die wêreld daarvan kennis neem nie?  Is dit die media se skuld wat og, tog sooo polities korrek wil wees en selektief berigte plaas (èn opblaas)?  Ek weet nie. Weet iemand?

Jurie Els/Robbie Klay:  ek neig om Robbie Klay se weergawe te glo.  Jurie Els se aanval op Klay se ma, is effens van die onderwerp af.  Sy kon dalk die useless ma gewees het wat hy wil uitbeeld, maar wat dit met hom en sy peester uit te waai? As sy vier kinders by een man gehad het, sou dit Robbie se kanse om gemolesteer geword het, verminder het?  Ek weet nie hoe mens soveel jare later seksuele molestering kan bewys nie, maar good luck to Robbie Klay.  (Net vir ‘n nagedagte. Wat maak dit saak wie Robbie Klay se pa is?  Hoekom sal sommige mense wil krap en krap totdat die laaste dêm rofie afgekrap is?  Sekerlik het die pa, Robbie se ma èn hyself nou al vrede met die ding gemaak.  Is dit nuuswaardig om te weet wie Robbie Klay se biologiese pa is?  Sal dit my lewe enigsins verryk/verander?  Nee, maar dit kan die mense wat daarby betrokke is, se lewens beïnvloed.  Nie dat ons, heiliges, hoegenaamd omgee nie, nê!)



%d bloggers like this: