31
Aug
09

Die groot geheim

Bestaan daar woorde om Namibe te beskryf? Nie in mý mond nie.  Ek kan nie eens verwoord wat die plek aan my hart gedoen het nie.  Onherbergsaam en verlate, dog het ek tuis gevoel.  Soos ‘n kind wat na ‘n amper-vergete ouerhuis terugkeer.  Vreemd. Ek was nog nooit in ‘n plek wat naastenby soos Namibe is nie.

copy-of-picture-209.jpg

Namibe verwelkom jou met sy skoonheid en geheime, maar hou jou weg met sy ongenaakbare landskap.  Dis dalk sy redding.  Ek hoop dit kan vir altyd so bly, maar ek twyfel.  Kort voor lank gaan Namibe “ontdek” word deur avontuurlustiges wat nie gaan skroom om hul merk daar te laat nie.

copy-of-picture-214.jpg

copy-of-picture-213.jpg

Ek wens Eugene Marais kon Namibe sien.  Dalk sou hy ‘n gedig skryf daaroor. Ek glo hy sou.  Vir nou beskryf diè aanhaling uit sy gedig, Waar Tebes in die stil woestyn, my emosies daar die raakste:

O Land van al ons liefde, daar
Sou ek aanbiddend weer
Die kloppe van U hart gewaar,
U moederlike skoonheid eer.

Sou ek een guns nog hier verdien,
– Nog een gebed omhoog verhoord –
Geen mensepraal sou ek wou sien,
Die glorie van geen vreemde oord.
My bede sou net dit verkry: –
Laat weer U eensaamheid my daar
Vir laas met roerend’ mag berei
U groter stilte te aanvaar.

Laat uitlok deur geen suil of steen
‘n Enkel sug of woord van haat;
Met al U vrede om my heen
Sal nagt’liks uit die hemelstraat
Sag neerskyn op my laaste huis
Die vonkelend’ sterrebeeld van U kruis.

Elk’ ydel vrees sal daar verdwyn;
Daar sou ek vrede weer besef
Waar Tebes in die stil woestyn
Sy magtig’ rotswerk hoog verhef.
copy-of-picture-222.jpg



%d bloggers like this: