30
Aug
09

My Dag by die Mall

5 September 2007

Ek het vandag ‘n sobering ondervinding gehad.

Was saam met my ma en die kleinbaas mall toe. Lekker klere geshop, lekker lunch gehad en was oppad uit toe ek besluit om gou by Clicks in te loop vir vitamienes. Ek los my ma en die klein mannetjie buite.

Ek betaal R550 (ek lieg nie, maar onthou, dis vir TWEE mense, vir DRIE maande) vir vitamienes en mineraalaanvullings. Toe ek buite kom, staan my ma en lyk baie beteuterd. Krap-krap in haar beursie. Nee, se sy, sy het regtig nie nou geld nie, maar “die meid” het gevra vir iets om te eet. (My ma glo dat jy iemand kos gee as hy daarvoor vra. Punt.)

Toe my oe op “die meid” val, kon ek myself nie help nie. ‘n Klein, kort meidjie, seker amper sewentig jaar, netjies maar armoedig aangetrek, besig om aan ‘n appel te hap. Maar daar is iets van ‘n dier wat gevang is, se vrees in haar oe. Sy is desperaat, sy vra hard vir kos. Nie windgat hard nie, nie dronkgat hard nie. Hard, want jy kan sien sy kan net nie meer nie. En soos dit deesdae in KwaZulu Natal gaan, is dit heel waarskynlik ‘n ouma wat ‘n swetterjoel kleinkinders het om na te kyk. Vigswesies is ‘n realiteit.

Ek vat daai meidjie aan haar maer armpie en march met haar by Pick en Pay in. Ek vra haar wat wil sy eet. Sy vra brood en Amasi. Sag. Ek vat ‘n brood en ‘n tweeliter bottel Amazi. By die Delhi gryp ek sommer ‘n klaargaar hoender ook. Sy begin huil. Vra ek moet nie te veel koop nie, want sy wil asseblief geld he om huis toe te gaan ook. R25. Ek vra haar wat sy nog wil he. Sy vra vir mieliemeel. Elke keer as ek iets in die mandjie sit, huil sy harder.

By till betaal ek net onder R100 vir ‘n bruinbrood, Amasi, ‘n hoender, 4 pakkies sop, ‘n bottel tamatiesous, mieliemeel en ‘n blikkie pilchards in tamatiesous. O ja, en ‘n groen P & P sak, omdat ek my doubts gehad het oor hoe sy ‘n paar plasticsakkies gaan dra. Alles mooi in die groen sak gepak, vat ek dit na haar toe waar sy by die winkel se deur staan. Ek stop haar nog R100 in die hand. Toe huil daardie vroutjie, kliphard. Sy druk my teen haar vas en vra my naam. Sy kan net nie ophou huil nie. Mense kyk vir ons, party kom hoor wat aangaan. Toe die fuss te erg raak, vat ek die hasepad.

My ma wag al in die kar vir my. Ek se vir haar, erens is daar iets nie reg in die wereld nie. Ek gaan koop ‘n fortuin se vitamienpille omdat ons kos in Angola kak is. Die ou vroutjie het nie eens geld om kak kos te kan koop nie. Maar ook, mens word so gebreinspoel om vir jouself te lewe, dat dit amper na sonde gevoel het om sommer net R200 so woeps-waps uit te gee.

Jip, en ek glo die oorgrote meerderheid gaan voel ek is uitgevang deur ‘n “geslepe meid”. Dalk, wie weet. Ek wil net nie eendag hoor ek het nie vir die Groot Baas kos gegee toe Hy honger was nie.

10 Responses to “My Dag by die Mall


  1. 1 Jaco

    September 6, 2007 at 6:00 vm

    Ek glo spandeer jou geld waar jy kan sien dat dit ‘n verskil maak, eerder as om dit in een of ander gesiglose rekening te deponeer.

    As die meidjie rerig honger was, dan eet daar ‘n gesin vanaand ten minste iets. As jy wel vir ‘n ride gevat is, dan is dit nie op jou gewete nie.

  2. 2 sonstudio

    September 6, 2007 at 6:14 vm

    Ag, ek dink nie jy is vir ‘n ride gevat nie. Om so te huil van blydskap en dankbaarheid, sê vir my dis opreg. En ek glo dat dit oor die gesindheid gaan waarmee dit gegee word – of jy nou vir ‘n ride gevat word of nie.
    Geniet jou dag.

  3. 3 Gyps

    September 6, 2007 at 6:46 vm

    Hey Boendoe dit was ‘n mooi storie en ek dink nie jy’s ge-con nie. Ons weet nie altyd hoe desperaat mense rerig is nie, en dit klink of sy genuine was.

    To the world you are one person, but to that person you may have meant the world.

    Geniet jou dag verder, hoe is jou verkoue?

    2 Slapies oor!!!
    xxx

  4. 4 boendoe

    September 6, 2007 at 6:52 vm

    Nee, Gyps,
    EEN slapie! More die tyd is my liefie al hier!!
    Verkoue is so-so, darem nie doodsake nie. Hoes net my longe uit, gaan nou maar ‘n stropie kry!
    Lekker daggie!

  5. 5 Roer

    September 6, 2007 at 6:52 vm

    Ek huil snot en trane. Boendoe, mooi ou girl. My hart breek om te dink Oumatjie moet nog ver huis toe stap ook. Niemand om haar rond te ry nie. Ag ek kan die hartseer nie meer vat nie. Veral nie by oumense en kinders op straat nie. Gisteraand het ek en my seuntjie ‘The Persuit of Happyness’ gekyk van Will Smith. Dis aangrypend en nogal ‘n ware verhaal. My seuntjie het na die fliek gevra of dit is hoekom ons vir Liewe Jesus moet dankie se^ elke aand en toe tjank ek weer. Ek kon net uit kry ‘ja my kind’. Ek het later toe sy pa hom in die bed sit gehoor hy se^ vir hom ‘die fliek het mamma hartseer gemaak’, maar dis sommer al die hartseer daar buite. Nie net die fliek nie. Anyway, dankie nogmaals Boendoe. Daai Oumatjie sal dit nie vergeet nie.

  6. 6 Dellie

    September 6, 2007 at 7:15 vm

    Boendoe, jy het ‘n pragtige hart! Ek tjank al weer my make-up af! Jy sal jou beloning eendag kry, maatjie.

    More kom jou liefie! Ek is skoon opgewonde vir jou part.

    Hoop jy het ‘n wonderlike dag vol sonskyn.

  7. 7 Namakwanooi

    September 6, 2007 at 7:24 vm

    Mens moet jou hart volg EN dis al wat saak maak, jy’s reg wanneer jy sê dat iets nie reg is in die wêreld nie. Waarom moet die ouer garde en kinders so swaarkry? Ek raak bitter vies oor die “vanguard” se onvermoë om na hul eie mense om te sien.
    Pragtig, Boendoe!

  8. 8 Kokkewiet

    September 6, 2007 at 9:48 vm

    Sjoe, hoe slaan die hoendervleis nou op my arms uit! Goed gedoen Boendoe!! Ek dink ook nie jy is vir `n ride gevat nie, dit klink of sy regtig opreg dankbaar was.

  9. 9 Anonymous

    September 6, 2007 at 1:33 nm

    Soe … treffend!!

    Dit gee my ook ‘n idee om eendag oor my nie-blanke mense te skrywe.

    Boendoe, … spraakloos. Sonstudio vat alles saam “…. huil van blydskap en dankbaarheid” …. Persoonlik dink ek dit was en is opreg.

    Dit maak mens bang wat aangaan daar buite, vêr waar ons nie kan sien in watter toestande hulle leef.

    Welgedaan vriendin, jou laaste paragraaf vat alles saam … Wie sê dit was nie Onse Skepper om jou te toets!!

    Sterkte met manlief se koms, dink dis nou ‘n kwessie van naby maar tog so vêr!!

    Eben

  10. 10 rb

    September 6, 2007 at 3:42 nm

    Boendoe, dankie dat jy bereid was om iets te doen en nie maar net weggedraai het en haar verskree het nie.



%d bloggers like this: