30
Aug
09

Kerke

Feb 12, 2008 10:35 AM

Die kerke van Angola fassineer my.  In Luanda en die ander groot stede/dorpe, kry mens pragtige ou kerke, mooi gerestoureer. Ek sal egter nooit daar stop en ‘n foto neem nie. Dis die klein dorpies se kerke wat my bekoor.  Die Angolese is baie erg oor hul godsdiens. Maak nie saak wáár hulle woon nie, ‘n kerk sal hul bou. So het daar net buite ons ‘dorp’ oornag ‘n kerk verrys: piepklein, gemaak uit suikersakke van die fabriek, maar kompleet met kruis bo-op. Sulke goed steel my hart!

Op ons pad suid, het ons by elke plek waar ons aangegaan het, eers gestop en die kerk/e gesoek. Gewoonlik is dit nie baie moeilik nie, die kerke is meesal in die hoofstraat van die dorp. In Namibe het ons diè twee gekry, tydloos in hul eenvoud.

Namibe

copy-of-dscf0413.jpg

Op pad na Lubango, het ons die oorblyfsels van hierdie kerk gekry. Gelukkig lyk dit of hulle besig is om hom te restoureer.

Maar die fonds van die naweek was hierdie kerk.  Op ‘n lang stofpad, met nie meer as ‘n paar ’shacks’ langs die pad nie, het ons hom gekry. Aanvanklik het ek my vervies. Dit het gelyk asof hulle die kerk vir ‘n skuur of stoor gebruik. Maar toe ek omloop…

copy-of-dscf0282.jpg

sien ek dat hulle hom net vergroot het om hul groeiende gemeente te huisves!  Dierbaar!

copy-of-dscf0287.jpg



%d bloggers like this: