30
Aug
09

Die mooiste pad in Angola…

Feb 18, 2008 4:35 AM

…en dis nie ek wat sò sê nie, maar ek stem saam met die talle websites oor Angola wat so dink.  Dertig minute van Lubango af kry mens die Leba pas. Dit was ‘n mistige oggend toe ons daar af is. Agter ons het die reën hard geval en ons was oppad woestyn toe! Dit klink ongelooflik dat 170 km die verskil kan wees tussen welige plantegroei en dorre woestyngebied, maar Lubango is darem 1800m bo seespieël!

Die Leba pas is een van die dinge wat ek graag wou beleef alvorens ek die rooi stof van my voete skud vir altyd.  Die pad tussen Benguela en Lubango was baaaaie slegter as wat ons verwag het, en ons het begin dink om Namibe, en dus die Leba, maar te vergeet.  Gelukkig het ons na ‘n goeie nagrus weer krag gehad vir swaarkry!

Die Leba het my nie teleurgestel nie. As ek moet sê, is dit een van die goed wat mens moet sien as die kans hom voordoen.  Die val is 1000 m in 8 km, ‘n spiraalpad wat jou tussen die mooiste, mooiste natuurskoon vat.  Ek het wyd en syd probeer uitvind oor die geskiedenis van die Leba pas, maar met min sukses.  Ek weet hy is ten minste 40 jaar oud, en dat daar onlangs verbeterings aangebring is. Die storie loop dat ‘n Portugese vrou die pas ontwerp het. Die dag toe hy voltooi is, het sy daarna gaan kyk….en doodgegaan.

Weereens laat ek die foto’s die storie vertel…

Die krans in herfskleure net as mens begin afgaan.

Leba2

copy-of-dscf0355.jpg

Die blink slang wat heen-en-weer kronkel…

Leba

copy-of-dscf0349.jpg

copy-of-dscf0348.jpg

Die blou berge moet ons oor…darem nie rêrig nie!

copy-of-dscf0364.jpg

copy-of-dscf0374.jpg

Dis wraggies die mooiste pad in Angola!



%d bloggers like this: