29
Aug
09

Sasha soek hulp

Jan 16, 2008 10:13 PM

H E L P!!! Calling all animal lovers!!!

Ek sit (heel per ongeluk) met ‘n mediese noodgeval. Die storie, in kort, is:

Die baas van ‘n Scottish terrier brakkie genaamd Sasha, is al van 23 Desember weg, en hy kom eers more terug. Hy het Sasha in sy huis toegesluit en die ousie gevra om die hondjie elke dag te kom kos gee. Iemand anders het besluit dis bog en Sasha laat uitkom, met die idee om hom self op te pas. (Ja, Sasha is ‘n “hy”!) Sasha het egter besluit hy bly by ons. Nou, ek moet erken, ek is NIE ‘n diereliefhebber nie. Ek maak die deur oop as hy krap om in te kom, en ek gee hom kos en water, maar dis hoe ver my toewyding strek. Ek het die hond nie ‘n tweede kyk gegee nie.

Maandag wys my dogter dat Sasha mank loop. Die nurse in my het toe oorgeneem en ek het hom vlugtig “ondersoek”. ‘n Kaal kol met rowe op sy een boudjie het ek gedokter met Gentian Violet. (Ek weet Gentian Violet is karsinogenies in mense, maar @#%*$, ons sal later oor Sasha se kanker worry, laat ek net die pes gesond kry! En buitendien het ek NET Gentian Violet en Epsom Salts in my kas.)

Gisteraand was die boet se beurt om Sasha se lot te bekla. Toe dog ek, laat ek nou die ding ordentlik doen. Ons trek handskoene aan en trek die hond op die kombuisvloer plat. En ondersoek hom van kop tot tone. Daarna gaan surf ek die internet op soek na ‘n moontlike diagnose. Geen sukses. Die simptome is as volg:

* Hy sukkel om kos afgesluk te kry: dit klou aan sy verhemelte vas en dan probeer hy dit met sy pootjies uitkrap. Die gevolg is stukkies kos oral op die vloer. (Ek gee hom geblikte hondekos, hy eet nie hondepille nie.)

*  Sy een boud is haarloos met rooi knoppies en ‘n paar rowe.

* Al vier sy pootjies is rooi, rou en stukkend tussen die kussinkies. Dit jeuk blykbaar ook, want hy kou/lek dit aanhoudend.

*  Skuimende spoeg om sy bekkie. Ek weet nie of dit van die gelek is, en of dit ‘n spesifieke simptoom is nie. (Ek dink darem nie hy het rabies nie.)

* Ek gee hom water, maar het hom nog nooit gesien drink nie.

*  Ek het hom nog nie gesien nommer een of twee nie. (En gewoonlik loop hy en tjirts-tjirts my hele huis vol.)

* Van ‘n bondeltjie energie, het hy verander in ‘n teruggetrokke brakkie.

Sasha is ‘n goedversorgde hondjie. Almal in die kompleks ken hom en pamper hom met kossies. Daar kom egter nou ‘n village k#$%erbrak kompleks toe, en ek vermoed hy het Sasha peste gegee. Wegjaag help egter nie, hy kom weer en weer, en sommige mans voer hom actually.

My hart bloei vir ou Sasha. Ek het gister met sy baas gepraat en aangebied om Sasha veearts toe te vat, maar hy wil eers self sien hoe die hond lyk. Op die internet kry ek verskeie diagnoses (pseudorabies, sarcoptic mange, pyoderma), maar nie een pas regtig in met wat ek sien nie.

Enige idees? My huis is vol pers Gentian Violet spoortjies…


0 Responses to “Sasha soek hulp”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: