29
Aug
09

Nie sommer ‘n gewone dag nie!

Jan 17, 2008 1:03 AM

Sit vas, trek jou ore plat teen jou kop:  ek het ‘n hele bekvol vandag!

1. My geliefde het my laat lag vandag. Hy stap by die sekretaresse in en kry haar by haar lessenaar, besig om iets te drink wat soos dikmelk/karringmelk/suurmelk lyk. Uit belangstelling vra hy haar wat dit is. Haar antwoord, doodernstig, “I don’t know how it works, but it’s da milk from da bull.”  Arme bul. Geen wonder dit lyk soos dikmelk nie.

2.  Ek het nie gedink hierdie dag gaan aanbreek nie. Seuntjie het “per ongeluk” uit weggooi-doeke geraak. (Hy nommer twee mos nog steeds in ‘n “nappy”.)  Met beloftes wat ‘n groot, blou lorrie insluit, het ek hom so ver gekry om op die loo te gaan sit. Maar hy was bang vir inval, en ek moes op die bad se rand gaan sit en my voet teen die muur skop sodat hy oor my been kon hang. Duh! Klink eenvoudig, maar na tien minute kon ek voel hoe my kniegewrig in sy potjie draai en my enkel van my voet wil afbreek. Op die ou einde is hy weer op, sonder dat daar ‘n “splashie” was. ’n Rukkie later was die nood hoog, en dié keer was ons suksesvol! Ek dans sommer ‘n riel! Ek was al mooi gatvol vir gatskoonmaak! Mission accomplished.

3.  Vir die eerste keer in my lewe het ek ook ‘n sexy, rooi sportsmodel. Ek het hom gistermiddag laat gekry. So lyk hy:

gazonokasilka_52b.jpg

O, my wa, my wa. Ek sal jou goed oppas. Promise!

Maar mag ek swets? Hoe de fok kan ‘n “edger” duurder wees as ‘n grassnyer?? Dammit, dit krap my om. Ek kry X bedrag om toerusting te gaan koop. ‘n Weedeater is ‘n absolute noodsaaklikheid. (Die tuiniers het voorheen sommer pangas gebruik.  Geen wonder hulle het opgehou met die grasperke nie!) Maar, hierdie stukkie toerusting sou twee derdes van my “toelaag” gekos het!! So nou het ek ‘n grassnyer, maar geen tuinslange of weedeater nie! Dis om van te ween… Pangas is my voorland, sien ek.

Die tuiniers se kontrakte moet eers uitgesorteer word, hoor ek gister. “Uitsorteer” in Angola-tyd kan – mag ek dit hard sê – dalk ‘n week vat. Intussen kom die dag van die VVVVIP se besoek nader. (Die 28ste,  nie die 24ste nie) Ag, maar wat, dis wat ek gemis het van werk. Bietjie stress, bietjie benoude-kat-maak-benoude-spronge-moments, bietjie adrenalien. Ek sien nog kans daarvoor!

Viva the Rollercoaster, Viva!



%d bloggers like this: