29
Aug
09

My Mannetjie

copy-of-dscf0211

Ek is lief vir dié kind.

Pa het ook vanaand weer gesê hoe gelukkig ons is om so liewe seuntjie te hê. Dis waar. Ons verdien hom nie.

Ek kyk na daai blonde koppie, en my hart pyn. Êrens in ons land word baie sulke blonde, vierjarige seuntjies mishandel. Hóé kan sy ogies na jou kyk met enigiets anders as liefde en vertroue?  Ja, my hart pyn soms as ek na hom kyk.

Gistermiddag nà die reënbui kom trek hy opgewonde aan my hand. “Mamma, Mamma, kom kyk! Daas hy, die jeënboog!” Ek sou hom sowaar nooit gesien het nie…



%d bloggers like this: