29
Aug
09

Laaste wegbreek vir 2007

Jan 16, 2008 10:13 PM

Die dae na Kersfees het so inmekaar gevloei, dat ek heeltemal tred verloor het met tyd. Vanoggend het ek met ‘n skokkie besef dis vandag die 31ste Desember! En ek dog nog die hele tyd dis eers more! Die laaste dag van die jaar, en ek moet nog besluit of daar nuwejaarsvoornemens gaan wees…

Ons was die naweek weg na die mond van die Kwanza rivier. (Barro de Kwanza) Aanvanklik het ek redelik dikbek op die strand gesit, want vir sand, sand en nogmaals sand, het ek nie kans gesien nie. Wanneer presies my bui verander het, weet ek nie. Dalk was dit toe my jongste verklaar het hy wil nie “wit huis” toe gaan nie, maar daar op die strand by die “blou huis” (ons gazebo’s) bly. Of dalk was dit toe die twee ouer stiefboeties na jare se vyandskap lustig saam visgevang het en later op die opblaasmatrasse die rivier ingevaar het. Of toe ons almal (ek inkluis!) op die matrasse in die rivier afgeroei het. Punt is, dit was ‘n baie lekker, bevredigende naweek.

Daar is net een woord vir die Kwanza rivier: MAJESTIC.  Amper 1000 km lank, op plekke tot 500 m wyd, maar met net EEN brug! Dat die brug waardevol was tydens die oorlog, is nie altemit nie! Hier hou ‘n verlate “tank” nog wag by die noordelike ingang van die brug.

Die riviermond is ‘n smal strook strand, seker 200 m wyd. Dis ‘n vreemde gevoel om in jou tent te le en luister na die rustige geklots van die rivier hier reg by jou, en in die agtergrond die ontstuimige gedonder van die see. Die see was te rof vir swem, maar die rivierwater was warm en (op die oog af) skoon. Ons het heerlik geswem!

Ek dink ons het hierdie naweek “memories” gemaak wat nog lank onthou sal word.


0 Responses to “Laaste wegbreek vir 2007”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: