29
Aug
09

Gatkrappers

Jan 16, 2008 10:13 PM

Ek wil nie graag as ‘n klakous so vroeg in 2008 bestempel word nie, maar ek gaan maar ‘n kans vat. Oor die feesgety het twee goed opgespring wat my grensloos irriteer. Die een, so voorspelbaar soos die Proteas, die ander, ‘n blinknuwe klein jakkalsie.

Die oue. Cute sms boodskappies vir die feesseisoen. Hoe de josie antwoord jy op iets soos

Ek stuur hiermee di son en di see di BOSVELD en sy blou lug, ‘n sterretjie of 2, handevol blinkers en emmers vol lag. Net om t se: VOORSPOEDIGE 2008

Tien jaar gelede het ek ook gedink dis baie oulik. Nie meer nie. Kan die professionele versieskrywer van Vodacom/MTN/Cell C net asseblief wakkerword en met iets NUUT!!/VERBETER!! vorendag kom?? In elk geval, ek verander my selnommer in Desember 2008.

Gatkrapper nommer 2: Ek bemin WordPress met my hele hart. Ek is nie smart genoeg om al die widgets/gadgets/tools mooi te snap nie. Maar…hoekom is ek ewe skielik SPAM? Ek het baie verwerping gekry van iblog, en daarmee vrede gemaak, maar nou voel dit so of ek ‘n koue skouer van WordPress ook kry! Is ek paranoies? Ek ag myself nou baie gelukkig as een comment van my per dag gepublish word. Gewoonlik gebeur dit dan ook wanneer ek die pittigste goed wil kwytraak… Gaan krap gerus rond in jul boksies SPAM comments. Kanse is goed dat jul my daar sal kry.

Terug by 2008. Een nuwejaarsvoorneme was om minder te kla en meer te lag. Ek reken ek moet harder daaraan werk. Of hoe?

Voorspoedige Nuwe Jaar!


0 Responses to “Gatkrappers”



  1. Lewer Kommentaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


%d bloggers like this: