29
Aug
09

Boef of Slagoffer?

Jan 17, 2008 10:18 PM

Ek lees in vandag se Beeld van Johan Nel (18) wat in Noordwes in die Skielik-plakkerskamp op mense geskiet het en drie gedood het. (http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2253367,00.html)

Op agtien is hierdie “man” nog ‘n blote kind, ‘n jaar ouer as myne. Dis ‘n kind wat met twee geleenthede die die slagoffer was van swart geweld. Volgens sy ma het hy gesê dat hy “gebreek het”.

Op 14 jarige ouderdom is my seun en ‘n vriend  aangeval deur twee swart mans met pangas. Deur genade het hul fisies nie veel  oorgekom nie. Emosioneel het my kind egter baie seergekry. Vir maande daarna was hy bang. Bang om alleen in die straat te loop. Bang as hy saans in sy bed klim. En hy het ‘n rassis geword.

Die bangheid het plek gemaak vir groter oplettendheid, ‘n effense meer versigtigheid. Die rassisme het gebly. Hy sal nie blantant ongeskik of uitdagend wees met swartmense nie, maar wanneer ons alleen is, kan jy aan sy praat hoor hy lief hulle nie.  Sal hy ook “breek” as daar genoeg met hom gebeur?

Ons lewe in so moeilike land. Daar is net nie ‘n kitsresep vir sukses nie. Aan die een kant het ek baie simpatie met Nel.  Ek glo mens kán net eendag snap. Aan die ander kant het ek vir die ouers in die plakkerskamp wat twee kinders verloor het, baie simpatie. Dalk mense wat niemand skade aangedoen het nie, net probeer het om ‘n bestaan te maak en hul kinders groot te kry. Dit voel so asof Nel én die plakkers slagoffers was van die groot boosheid wat ons land oorneem: sinnelose, gewelddadige misdaad



%d bloggers like this: