16
Sep
09

Skeerbuik; skeurbuik; scurvy

9 September 2008

Ek het dit goedgedink om hierdie week my lesers te help.  (Klink dit nie belangrik nie! “My lesers…”)  Ek is soms oopbek-verstom ook die soekterme wat mense na my blog toe bring.  Maklik loshande die wenner, is skeurbuik of skeerbuik.  Laat ek dan sommer met die trapslag hierdie lesers ‘n guns bewys en hulle op die regte spelling wys:  skeUrbuik.  Of, in Ingels, scurvy.

Die Verklarende Woordeboek beskryf skeurbuik as “‘n maagsiekte as gevolg van ‘n gebrek aan vars voedsel.” Dit is egter nie ‘n heeltemal akkurate definisie nie.  Skeurbuik is ‘n siektetoestand as gevolg van ‘n gebrek aan Vit C.  Dis ‘n stadige toestand, binne 1 – 3 maande nadat vitamien C inname gestop word, begin simptome verskyn. Dit hang af van hoeveel Vit C die liggaam gestoor het.  Dis egter ‘n vinnig geneesbare toestand.  Met vitamin c (askorbiensuur) kan lyers binne dae weer gesond wees.

Simptome sluit in:

- ‘n ‘ongemaklilke’ gevoel (discomfort)

- moegheid

- spier- en gewrigspyne

- blou kolle

- opgeswelde en bloeiende tandvleise

- los tande

- wonde genees stadig

-droë vel en hare

- bloeding in die spiere en gewrigte, wat erge pyn veroorsaak.

Gelukkig is skeurbuik vandag nie meer ‘n algemene verskynsel nie, maar kan nog voorkom in lae sosio-ekonomiese gebiede, en verwaarloosde bejaardes.  Skeurbuik was die vloek van die outydse seevaarders.  Vasco da Gama het die helfte van sy bemanning verloor met die reis na die Kaap van Goeie Hoop, en die Britse admiraal, Sir Richard Hawkins,  10 000 matrose.  In 1747 het die Britse Vloot ‘n geneesheer met die naam van James Lind gehad.  Hy het eksperimente uitgevoer en gevind dat ‘n lemoene en lemmetjies skeurbuik onder matrose verhoed.  Die Briste Vloot het “vigorously” ‘n beleid geïmplementeer dat Britse matrose ‘n daaglikse dosis lemmetjies (limes) moes kry.  Al van “Limeys” gehoor?  :lol:

Ou Arktiese ontdekkers het ook gesukkel met skeurbuik.  Dit het hulle ‘n rukkie geneem om te besef dat die Inuit se dieet van rou vleis en ‘blubber’ voldoende vitamien C bevat het. Verder was die halfverteerde maaginhoud van die karibou ‘n gesonde delikatessen!

Dis ongelooflik hoeveel belangstelling hierdie ‘outydse’ siekte nog wek – as mens kan gaan op die soekterme!  Hopelik het ek die kindertjies wat take moet maak daaroor, genoeg ammunisie gegee!  Indien nie, gaan lees verder hier, hier, en hier.

More, as ek krag het daarvoor, behandel ek “kaalgat”.

About these ads

1 Response to “Skeerbuik; skeurbuik; scurvy”


  1. 1 Caren Brink
    Februarie 11, 2013 om 7:42 nm

    dis die enigste ordentlike, deeglike inligting wat ek kon kry op die onderwerp vir skool taak.
    Dankie


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s


Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

%d bloggers like this: